Spring na die inhoud

Privaatheidsbeleid

Laas opgedateer: 18 Oktober 2026

Stoep respekteer jou privaatheid en hanteer jou persoonlike inligting volgens die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA).

Watter inligting stoor ons?

Wanneer jy aansluit, stoor ons jou naam, gebruikersnaam, e-posadres en 'n veilig geënkripteerde weergawe van jou wagwoord. As jy dit gee, stoor ons ook die land waar jy woon, waar jy oorspronklik vandaan kom, jou profielfoto, 'n kort beskrywing van jouself en jou gunstelinggereg. Ons stoor ook die resepte, fotos, kommentaar en lepels wat jy op die webwerf plaas.

Wat is publiek?

Jou naam, gebruikersnaam, profielfoto, land, tuisdorp, beskrywing, gunstelinggereg, die datum waarop jy aangesluit het en alles wat jy deel, is vir enige besoeker sigbaar. Jou e-posadres en wagwoord is nooit publiek nie.

Waarvoor gebruik ons dit?

Net om die webwerf te laat werk: om jou in te teken, jou e-posadres te bevestig, jou te help as jy jou wagwoord vergeet, en om jou profiel en bydraes te wys. Ons verkoop of verhuur nooit jou inligting nie en stuur nie bemarkings-e-posse sonder jou toestemming nie.

Koekies

Ons gebruik net een noodsaaklike koekie om jou ingeteken te hou. Ons gebruik geen advertensie- of opsporingskoekies nie. Landvlae word vanaf flagcdn.com gelaai en lettertipes vanaf Google Fonts.

Jou regte

Jy kan jou profiel enige tyd wysig. Jy kan ook jou rekening onder Wysig my profiel permanent verwyder; dan word jou profiel, resepte, fotos en kommentaar uitgevee. Vir enige vraag oor jou inligting, of om 'n afskrif daarvan te vra, kontak ons by hallo@onsstoep.co.za.

Kinders

Stoep is bedoel vir mense van 18 jaar en ouer.