Boontjiesop met spekblokkies
Gedeel op 16 Oktober 2026
- 8 porsies
- ± 3½ uur plus week
Bestanddele
Mate omskakel
1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.
Metode
- Spoel die bone af en dreineer. Dompel die varkpootjie vinnig in kookwater en was dit goed.
- Braai die spek in 'n groot kastrol oor lae hitte tot bros en skep uit.
- Braai die varkpootjie in dieselfde kastrol rondom bruin.
- Voeg die bone en water by, bring tot kookpunt en skep die skuim af.
- Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die sout en peper. Prut met die deksel op 2½ tot 3 uur, tot die bone sag is.
- Haal die varkpootjie uit, druk 'n deel van die bone fyn en geur. Strooi die spek oor met opdien.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Ek het dit gemaak!
Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.
Teken in om jou foto te wys.