Spring na die inhoud
Sop

Spek-en-lensiesop

Suid-Afrika
Gedeel op 16 Oktober 2026
  • 6 porsies
  • ± 2½ uur
0

Bestanddele

Mate omskakel
250 ml is 1 koppie (SA), 1 koppie (VSA) is 237 ml. 180 °C is 356 °F, gasoond 4.

1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.

Metode

  1. Braai die spek drie minute en skep uit.
  2. Sny die brood in blokkies en braai dit in die spekvet tot goudbruin. Hou eenkant vir croûtons.
  3. Smelt die botter in 'n groot kastrol en soteer die uie twee minute. Voeg die seldery en wortels by en kook nog vier minute.
  4. Voeg die lensies, aftreksel, suurlemoensap, lourierblare en basiliekruid by. Bring tot kookpunt en prut sowat twee uur.
  5. Roer die spek en pietersielie in, prut nog twee minute en bedien met die croûtons bo-op.

Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).

Ek het dit gemaak!

Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.

Teken in om jou foto te wys.

Op die stoep gesê (0)

Teken in om saam te gesels

Nog uit sop

Deel Spek-en-lensiesop

WhatsApp Facebook X Telegram E-pos

Vir Instagram: kopieer die skakel en plak dit in jou storie, of deel vanaf jou selfoon.