Vissermanspastei
Gedeel op 16 Oktober 2026
- 6 porsies
- ± 1 uur
Bestanddele
Mate omskakel
1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.
Metode
- Verhit die olie en roerbraai die ui en knoffel tot sag. Voeg die tamaties, suiker, sout, peper, suurlemoenskil en -sap by.
- Lê die vis op die sous, maak toe en prut oor lae hitte tot die vis gaar is.
- Laat effens afkoel, haal die vis uit, verwyder vel en grate en vlok dit. Strooi die pietersielie oor.
- Meng die aartappels met die botter en eiers en geur met neutmuskaat, mosterd en sout.
- Pak die vis en sous in 'n oondbak, smeer die aartappel bo-oor en bak tot goudbruin.
- Gebruik jy skelvis, wees suinig met die sout in die aartappel.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Ek het dit gemaak!
Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.
Teken in om jou foto te wys.