Biltong
Gedeel op 17 Oktober 2026
- 'n Paar dae
Die storie agter die resep
Pas die hoeveelhede volgens die vleis wat jy het.
Bestanddele
Mate omskakel
1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.
Metode
- Sny die vleis met die draad langs in lang stroke, so dik of dun as wat jy verkies. Hoe minder vet, hoe langer hou dit.
- Rooster die koljander in 'n droë pan totdat dit lekker ruik, en maal en sif dit.
- Meng die koljander, sout, suiker, salpeter, peper en koeksoda en vryf dit met die hand oor elke stuk vleis.
- Pak die vleis in lae in 'n houer (dikste stukke onder) en strooi die oorblywende mengsel tussen die lae. Sprinkel 'n bietjie asyn oor en laat oornag staan. Vetter vleis moet langer lê.
- Meng 200 ml asyn met elke 2,5 liter water en doop elke stuk vinnig daarin voor jy dit ophang.
- Hang die eerste dag in die son en daarna in die koelte, met spasie tussen die stukke. Binne moet daar goeie trek wees; 'n waaier help.
- Laat hang totdat die biltong so droog is soos jy dit hou.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Ek het dit gemaak!
Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.
Teken in om jou foto te wys.