Boerejongens
Gedeel op 15 Oktober 2026
- ± 30 minute
Bestanddele
Mate omskakel
1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.
Metode
- Verhit die rosyne, water, suiker en kaneel stadig tot kookpunt en roer aan die begin tot die suiker opgelos is.
- Kook tien minute oor matige hitte.
- Giet die stroop af en skep die rosyne in warm glasflesse.
- Vul die flesse met brandewyn, of met half stroop en half brandewyn.
- Bedien met roomys. Versuikerde pynappelstukke maak dit nog beter.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Ek het dit gemaak!
Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.
Teken in om jou foto te wys.