Spring na die inhoud
Vleis en bredies

Bobotie

Suid-Afrika
Gedeel op 16 Oktober 2026
  • 4–6 porsies
  • ± 1¼ uur
0

Die storie agter die resep

Een van die oudste geregte aan die Kaap, met sy wortels in die Kaaps-Maleise kombuis.

Bestanddele

Mate omskakel
250 ml is 1 koppie (SA), 1 koppie (VSA) is 237 ml. 180 °C is 356 °F, gasoond 4.

1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.

Metode

  1. Verhit die oond tot 160 °C. Week die brood in die melk en druk die oortollige melk uit.
  2. Meng die maalvleis met die ui, sout, peper, knoffel, die helfte van die kerrie, die borrie, blatjang, asyn, een eier en die brood.
  3. Skep in 'n gesmeerde oondbak, druk die lourierblaar in en bak 15 minute sodat 'n korsie vorm.
  4. Klits die ander twee eiers. Maak die mielieblom en die res van die kerrie met die koue water aan en roer dit by die eiers.
  5. Voeg die kookmelk geleidelik by en verhit liggies, terwyl jy roer, totdat dit effens verdik.
  6. Giet oor die vleis en bak nog 25 tot 30 minute op die middelste rak, tot ferm en ligbruin.
  7. Bedien warm met geelrys en blatjang.

Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).

Ek het dit gemaak!

Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.

Teken in om jou foto te wys.

Op die stoep gesê (0)

Teken in om saam te gesels

Nog uit vleis en bredies

Deel Bobotie

WhatsApp Facebook X Telegram E-pos

Vir Instagram: kopieer die skakel en plak dit in jou storie, of deel vanaf jou selfoon.