Denningvleis
Gedeel op 17 Oktober 2026
- 4–6 porsies
- ± 2 uur
Die storie agter die resep
'n Kaaps-Maleise gereg; die naam beteken “gegeurde vleis”. Geen tamaryn nie? Gebruik 'n bietjie suurlemoensap of 'n kwartkoppie asyn.
Bestanddele
Mate omskakel
1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.
Metode
- Smelt die vet in 'n swaarboomkastrol en voeg die knoffel en uie by. Strooi die suiker oor en smoor totdat die uie goudkleurig is. Skep uit.
- Braai die vleis in dieselfde kastrol totdat dit begin verkleur.
- Voeg die speserye, sout, peper en neutmuskaat by, skep die uie terug en gooi 125 ml water in.
- Maak toe en stowe 1 tot 1½ uur, totdat die vleis baie sag is.
- Week intussen die tamaryn in die ander 125 ml water en syg dit.
- Voeg die tamarynwater by die vleis en stowe nog 'n rukkie sodat die geure kan saamsmelt. Bedien met rys of aartappels.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Ek het dit gemaak!
Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.
Teken in om jou foto te wys.