Waterblommetjiebredie
Gedeel op 17 Oktober 2026
- 6–8 porsies
- ± 2½ uur
Die storie agter die resep
'n Egte Kaapse wintergereg, gemaak van die blommetjies wat in die vleie groei.
Bestanddele
Mate omskakel
1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.
Metode
- Braai die vleis rondom bruin in die warm olie en botter.
- Voeg die uie en knoffel by en soteer nog drie minute.
- Gooi die aftreksel en wyn by, bring tot kookpunt, draai laer en prut 90 minute.
- Voeg die aartappels, sout en peper by.
- Week die waterblommetjies in soutwater, was hulle goed en voeg hulle by. Prut nog 'n halfuur.
- Roer die suurlemoensap in net voor jy opdien.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Ek het dit gemaak!
Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.
Teken in om jou foto te wys.