Tamatiebredie
Gedeel op 17 Oktober 2026
- 6 porsies
- ± 3½ uur
Bestanddele
Mate omskakel
1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.
Metode
- Meng die sout en speserye en vryf dit goed oor die vleis.
- Braai die vleis in olie in 'n plat gietysterpot tot goudbruin.
- Voeg die uie by en braai tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie.
- Gooi sowat 50 ml water by, maak toe en stowe 30 tot 45 minute lank oor lae hitte. Loer af en toe dat dit nie droogkook nie.
- Voeg die tamaties, suiker, brandrissie en basiliekruid by. Hou die deksel af totdat die meeste van die tamatiesap weggekook het, en maak dan weer toe.
- Prut 1½ tot 2 uur, tot die vleis sag is.
- Voeg die aartappels en karwysaad by en prut nog 'n halfuur.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Ek het dit gemaak!
Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.
Teken in om jou foto te wys.