Boerebeskuit
Gedeel op 16 Oktober 2026
- 'n Dag se werk
Die storie agter die resep
Die soort beskuit wat in 'n groot blik in die spens gestaan het, reg vir die oggendkoffie.
Bestanddele
Glasuur
Mate omskakel
1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.
Metode
- Meng die meel, gis en sout in jou grootste bak.
- Bring die melk, suiker, botter en water saam tot kookpunt. Hou dit dop, want dit kook maklik oor. Laat afkoel tot lou.
- Roer die eiers by die lou melkmengsel en giet dit oor die meel. Meng en knie deeglik. Is die deeg te styf, gee dit nog 'n bietjie melk.
- Maak warm toe en laat 1½ tot 2 uur rys, of tot dit dubbel so groot is.
- Vorm balletjies sonder om eers af te knie, pak hulle in gesmeerde panne en laat weer rys tot dubbel die grootte.
- Bak 'n uur lank by 180 °C. Klits die suiker en melk vir die glasuur, smeer dit net voor die einde oor en bak tot blink en goudbruin.
- Keer uit op rakke. Wanneer dit koud is, breek in stukke en droog 5 tot 6 uur lank uit in 'n lou oond van 100 °C.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Ek het dit gemaak!
Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.
Teken in om jou foto te wys.