Karringmelkbeskuit
Gedeel op 16 Oktober 2026
- ± 110 stukke
- ± 1½ uur plus uitdroog
Bestanddele
Mate omskakel
1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.
Metode
- Verhit die oond tot 180 °C. Smeer twee groot broodpanne (34 x 11 x 7 cm) en strooi 'n bietjie volkoringmeel in.
- Sif die volkoringmeel, koekmeelblom, vlapoeier, koeksoda, kremetart en sout saam. Gooi die semels wat in die sif bly, terug in die bak.
- Roer die suiker in.
- Meng die karringmelk, olie en asyn en roer dit met 'n houtlepel deur die droë bestanddele.
- Skep in die panne, maak gelyk en bak 'n uur lank, of tot 'n toetspen skoon uitkom.
- Laat effens afkoel, keer uit en laat heeltemal koud word.
- Sny in stukke en droog uit by 100 °C.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Ek het dit gemaak!
Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.
Teken in om jou foto te wys.