Koolfrikkadelle
Gedeel op 16 Oktober 2026
- 6–8 porsies
- ± 1¾ uur
Bestanddele
Mate omskakel
1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.
Metode
- Verhit die oond tot 180 °C en smeer 'n oondbak.
- Trek die buitenste blare af en kook die hele koolkop sowat tien minute in soutwater, totdat die blare net sag is. Laat in die water afkoel.
- Braai die spek, sampioene en uie tot net gaar en skep dit onder in die oondbak.
- Meng die maalvleis, geurmiddels en eiers en vorm frikkadelle.
- Rol elke frikkadel in een of twee koolblare toe en pak hulle op die spekmengsel.
- Giet die wyn oor, maak toe met foelie en bak sowat 'n uur. Haal die foelie die laaste tien minute af.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Ek het dit gemaak!
Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.
Teken in om jou foto te wys.