Hertzogkoekies
Gedeel op 17 Oktober 2026
- 12–15 koekies
- ± 1 uur
Die storie agter die resep
Die storie lui dat die koekies na generaal Hertzog vernoem is. Hulle hoort op elke kerkbasaar se tafel.
Bestanddele
Kors
Vulsel
Mate omskakel
1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.
Metode
- Sif die meel, strooisuiker, bakpoeier en sout saam en vryf die margarien liggies in.
- Klits die eiergele en water effens en meng dit in tot 'n sagte deeg. Voeg 'n druppel water by as dit te styf is.
- Knie die deeg goed, maak toe en laat eenkant staan. Verhit die oond tot 180 °C en smeer kolwyntjiepanne.
- Rol die deeg dun uit, druk groot sirkels uit en voer die holtes daarmee uit.
- Skep 'n teelepel appelkooskonfyt in elke korsie.
- Klits die eierwitte styf, klits die suiker geleidelik in en roer die klapper by.
- Skep 'n lepel van die klappermengsel bo-op die konfyt.
- Bak 20 tot 25 minute op die middelste rak en laat effens in die panne afkoel.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Ek het dit gemaak!
Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.
Teken in om jou foto te wys.