Witbrood
Gedeel op 16 Oktober 2026
- 2 brode
- ± 1½ uur
Bestanddele
Mate omskakel
1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.
Metode
- Sif die meel, sout, suiker en gis saam en vryf die botter in.
- Voeg die louwarm water by en meng tot 'n sagte deeg. Is dit te droog, gee nog 'n bietjie water.
- Knie tot die deeg sag en elasties is. Sit dit in 'n bak wat met olie gesmeer is, maak toe en laat 20 minute rus.
- Knie die lug uit, verdeel in twee en vorm twee brode in gesmeerde panne.
- Maak toe en laat 35 tot 40 minute op 'n warm plek rys, of tot dubbel die grootte.
- Verf met water en bak 35 minute by 200 °C, of tot die brood hol klink as jy onder klop.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Ek het dit gemaak!
Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.
Teken in om jou foto te wys.