Spring na die inhoud
Lekkernye en happies

Koeksisters

Suid-Afrika
Gedeel op 17 Oktober 2026
  • 5–6 dosyn
  • ± 3 uur
0

Die storie agter die resep

Die geheim is die kontras: kokende olie, yskoue stroop.

Bestanddele

Stroop (maak eerste, dit moet yskoud wees)

Deeg

Mate omskakel
250 ml is 1 koppie (SA), 1 koppie (VSA) is 237 ml. 180 °C is 356 °F, gasoond 4.

1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.

Metode

  1. Stroop: los die suiker in die water op, voeg die kremetart, gemmer en kaneel by en kook vyf minute. Roer die gliserien in net voor jy dit van die stoof afhaal; dit maak die koeksisters blink.
  2. Laat die stroop afkoel en hou die bak daarna in 'n groter bak met ys, sodat dit yskoud bly.
  3. Deeg: sif die droë bestanddele, vryf die botter in, klits die eier met die melk en maak 'n sagte deeg aan. Knie glad en laat minstens twee uur rus.
  4. Rol 1 cm dik uit, sny in repies en vleg of draai hulle.
  5. Bak vyf of ses op 'n slag een tot twee minute in warm olie, tot ligbruin aan albei kante.
  6. Dreineer 'n oomblik en dompel hulle dan 'n paar sekondes in die yskoue stroop.

Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).

Ek het dit gemaak!

Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.

Teken in om jou foto te wys.

Op die stoep gesê (0)

Teken in om saam te gesels

Nog uit lekkernye en happies

Deel Koeksisters

WhatsApp Facebook X Telegram E-pos

Vir Instagram: kopieer die skakel en plak dit in jou storie, of deel vanaf jou selfoon.