Spring na die inhoud
Lekkernye en happies

Kondensmelk-fudge

Suid-Afrika
Gedeel op 15 Oktober 2026
  • ± 1 uur
0

Bestanddele

Mate omskakel
250 ml is 1 koppie (SA), 1 koppie (VSA) is 237 ml. 180 °C is 356 °F, gasoond 4.

1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.

Metode

  1. Roer die suiker en water oor lae hitte in 'n swaarboomkastrol totdat die suiker opgelos is. Borsel suikerkristalle teen die kante af met 'n nat kwassie.
  2. Roer die botter en stroop in tot gesmelt, voeg die kondensmelk by en roer aanhoudend tot kookpunt.
  3. Kook sowat 25 minute tot die sagtebalstadium en roer af en toe sodat dit nie aanbrand nie.
  4. Laat afkoel tot louwarm, roer die vanielje in en klop tot dik en romerig.
  5. Giet in 'n gesmeerde pannetjie sonder om die kastrol uit te skraap of te skud, anders versuiker dit.
  6. Laat heeltemal koud word voor jy in blokkies sny.

Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).

Ek het dit gemaak!

Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.

Teken in om jou foto te wys.

Op die stoep gesê (0)

Teken in om saam te gesels

Nog uit lekkernye en happies

Deel Kondensmelk-fudge

WhatsApp Facebook X Telegram E-pos

Vir Instagram: kopieer die skakel en plak dit in jou storie, of deel vanaf jou selfoon.