Ystervarkies
Gedeel op 16 Oktober 2026
- ± 1½ uur
Die storie agter die resep
Ook bekend as lamingtons, maar ons noem dit ystervarkies.
Bestanddele
Koek
Sjokoladestroop
Om in te rol
Mate omskakel
1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.
Metode
- Kook die melk en botter saam en laat afkoel.
- Klits die eiers met die strooisuiker en vanielje.
- Sif die 375 ml meel en sout drie keer saam. Meng die bakpoeier met die ekstra 12,5 ml meel.
- Meng die eiers met die meel, voeg die melk by en roer die bakpoeier laaste in.
- Bak 25 minute by 200 °C en sny in blokke wanneer dit afgekoel het.
- Kook die stroopbestanddele drie minute saam en hou warm.
- Doop elke blokkie in die stroop en rol dit in klapper.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Ek het dit gemaak!
Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.
Teken in om jou foto te wys.