Korslose melktert
Gedeel op 17 Oktober 2026
- ± 1¼ uur
Die storie agter die resep
Die tert sonder kors: minder werk, en net so lekker.
Bestanddele
Mate omskakel
1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.
Metode
- Bring die melk, kaneelstokkie, skil en botter tot kookpunt en laat dit 20 minute trek.
- Meng die meel, suiker, sout en bakpoeier.
- Syg die melk en klits dit by die eiergele, en klop dit dan by die meelmengsel. Roer die amandelgeursel in.
- Sit terug op die stoof en verhit oor matige hitte tot kookpunt, terwyl jy met 'n houtlepel roer. 'n Paar klonte is nie 'n probleem nie.
- Smeer jou tertbak dik met botter en strooi krummels oor (beskuit, koekies of selfs hawermout).
- Klits die eierwitte met 'n druppel asyn tot sagte punte. Klits die melkmengsel glad en vou die eierwitte in.
- Giet in die bak, strooi kaneel oor en bak 25 tot 35 minute by 190 °C.
- Skakel die oond af en laat die tert nog 'n kwartier in die warm oond staan.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Ek het dit gemaak!
Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.
Teken in om jou foto te wys.