Spring na die inhoud
Terte en poedings

Sagopoeding

Suid-Afrika
Gedeel op 17 Oktober 2026
  • 6 porsies
  • ± 1 uur
0

Bestanddele

Mate omskakel
250 ml is 1 koppie (SA), 1 koppie (VSA) is 237 ml. 180 °C is 356 °F, gasoond 4.

1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.

Metode

  1. Verhit die melk, sago, margarien en sout in 'n dikboomkastrol tot kookpunt. Draai laer en prut, terwyl jy gereeld roer, totdat die sago deurskynend is.
  2. Verhit die oond tot 200 °C en sit 'n pan met kookwater op die onderste rak. Smeer 'n oondbak van sowat 25 x 15 cm.
  3. Klits die suiker, konfyt en eiers saam en meng dit goed by die sago.
  4. Giet in die bak en bak 25 tot 30 minute, tot goudbruin en gaar. Bedien louwarm met vla.

Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).

Ek het dit gemaak!

Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.

Teken in om jou foto te wys.

Op die stoep gesê (0)

Teken in om saam te gesels

Nog uit terte en poedings

Deel Sagopoeding

WhatsApp Facebook X Telegram E-pos

Vir Instagram: kopieer die skakel en plak dit in jou storie, of deel vanaf jou selfoon.