Waatlemoenkonfyt
Gedeel op 17 Oktober 2026
- 2 dae
Die storie agter die resep
Kalk is by die apteek te koop.
Bestanddele
Stroop (vir elke 500 g vrugte)
Verder
Mate omskakel
1 eetlepel = 15 ml, 1 teelepel = 5 ml. 'n Australiese eetlepel is 20 ml.
Metode
- Skil die groen buitekant af, verwyder die sagte binnekant en sny die wit skil in stukke.
- Prik elke stuk deeglik met 'n vurk en weeg die stukke.
- Week oornag in die kalkoplossing. Spoel die volgende dag baie goed af en week nog minstens twee uur in skoon water.
- Bring skoon water tot kookpunt en voeg die stukke een-een by sodat die water nooit ophou kook nie, anders word hulle pap. Kook tot helder en sag genoeg dat 'n tandestokkie maklik deurgaan.
- Kook die stroop, syg dit, bring weer tot kookpunt en voeg die suurlemoensap, sout en gemmer by.
- Voeg die stukke een-een by die kokende stroop en kook tot deurskynend.
- Pak in gesteriliseerde flesse en verseël.
Oorgeskryf uit “Onthou jy nog? Praktiese en heerlike Voortrekker-resepte”, saamgestel deur Anna Eksteen (2005).
Ek het dit gemaak!
Nog niemand het 'n foto gewys nie. Maak dit en wys hoe joune gelyk het.
Teken in om jou foto te wys.